’n Pretoriase vrou het waarskynlik langs die pad vir ’n taxi gewag toe sy Donderdagoggend deur ’n voertuig in Soutpansbergweg getref is.

Paramedici van Netcare 911 en ander hulpdienste het met hul aankoms op die toneel die vrou vasgepen tussen die motor en ’n boom gevind.

Ten spyte van verbete pogings om die vrou se lewe te red, is sy op die toneel dood verklaar.

Luidens berigte was twee voertuie in die botsing betrokke. Die pad was vir ’n groot gedeelte van die oggend gesluit.

Nadere ondersoek sal deur die polisie gedoen word om die presiese oorsaak van die ongeluk te bepaal.