Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17) is laas gesien op 7 April toe Awian met sy swart bromponie onderweg was na Kim om by haar te gaan kuier.

Volgens Beeld bekommer Kim se ouers hulle dood oor haar gesondheid omdat sy afhanklik is van chroniese medikasie. Sy het net sowat ’n maand se voorraad met haar saamgeneem.

Die twee het blykbaar min klere en kos gevat, en hul ID’s by die huis gelos. Vandat hulle weggeraak het, is hul tjoepstil op sosiale media; hul fone is afgeskakel.

Enigeen met inligting moet asseblief 082-485-6448 of 072-214-7439 bel.

-         Maroela Media, Beeld.