Paramadici het Donderdag gesê 'n vyfjarige seun is dood nadat die weerlig hom in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, getref het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Woensdagaand plaasgevind.

“Volgens berig het die seuntjie met sy suster gespeel, maar toe die weer begin dreun, het hy huis toe gehardloop,” het Steinmann gesê.

“Net toe die seuntjie die staal-veiligheidshek gryp, is hy deur die weerlig getref.”

Paramedici het op die toneel verklaar dat die kind dood is.