Die paramedikus en drie ander persone is Saterdag omstreeks 19:45 aangeval en beroof buite ’n gemeenskapshospitaal in Mabopane, noord van Pretoria.

Die man is tydens die rooftog in die maag geskiet, het die nooddienste in ’n verklaring gesê.

Hy is na die hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Die man se naam sal bekend gemaak word sodra sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Die drie ander persone is ongedeërd en ontvang tans berading.

Die polisie ondersoek ook die voorval.

Bron: News24