[caption id="attachment_126357" align="alignnone" width="600"]Alma en haar kat. Foto: Verskaf Alma en haar geliefde kat, Eros. Foto: Verskaf[/caption]

Maar vir Alma van Zyl is Vande Balde Soso Eros nie net ’n kat nie. Vir dié Pretorianer is dié sesjarige sfinks-kat haar seuntjie.

“Ek sal sterf vir my katte. Vir my is hulle nie katte nie. Hulle is my kinders.

“Niks sal my keer nie. Van die begin af het ek dit duidelik gemaak. Maak nie saak hoe lank dit vat of hoeveel geld dit gaan kos nie, Eros kom huis toe.”

Alma het nou al drie jaar ’n hofgeding aan die gang met Bernadette Willers, by wie Eros die afgelope drie jaar bly. Bernadette is van Ruimsig in Roodepoort.

Dié saak is vroeër vandeesweek in die hooggeregshof in Pretoria onbepaald uitgestel nadat Bernadette se regspan nie kon voortgaan met die saak nie omdat hul sleutelgetuie nie in die hof was nie.

[caption id="attachment_126358" align="alignnone" width="600"]Eros toe hy nog by Alma gewoon het. Foto: Verskaf Eros toe hy nog by Alma gewoon het. Foto: Verskaf[/caption]

Alma vra die hof om Bernadette te beveel om Eros aan haar terug te gee. Bernadette voer weer aan sy het R100 962 bestee om Eros te rehabiliteer nadat sy hom in ’n verwaarloosde en mishandelde toestand gekry het. Sy eis dié bedrag en rente van Alma.

Bernadette wou gister op regsadvies nie kommentaar lewer nie omdat die saak nog in die hof is.

Die afgelope drie jaar het Alma gereeld oor Eros gehuil. Hy het eendag verstrengel geraak in ’n plastieksak en ’n paniekaanval gekry. Van daar af het sy gedrag verander; in so ’n mate dat Alma ’n teler se hulp gevra het om hom te rehabiliteer.

Die teler is met Eros weg en dit was die laaste dat Alma hom gesien het. Ná ondersoeke het sy later uitgevind Eros is aan Bernadette gegee.

Alma sê sy het nie enige mensekinders nie. Eros en Calista, “sy sussie”, is al wat sy het. Sy het selfs hul name op haar regterenkel laat tatoeëer.

Hulle is deel van haar gesin en slaap nooit alleen nie.

[caption id="attachment_126359" align="alignnone" width="600"]Alma het selfs Eros in haar testament ingeskryf. Foto: Verskaf Alma het selfs vir Eros in haar testament ingeskryf. Foto: Verskaf[/caption]

Alma het Eros en Calista ook in haar testament ingeskryf. As sy eendag voor hulle sou sterf, is ’n peetouer aangestel om na hulle te kyk en daar is ook ’n fonds gestig dat hulle altyd goed versorg sal word.

“Wat my die hartseerste maak, is ons verloor tyd. Ek weet nie of ek nog môre hier gaan wees en of Eros nog môre hier gaan wees nie. Met die hofsaak wat so lank vat, verloor ek tyd saam met my seuntjie,” sê Alma.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Reusevulkaanuitbarsting op video vasgevang

Wrakstukke van EgyptAir-straler gevind: Naasbestaandes van passasiers, bemanning ‘ingelig’

Sewejarige breek op met ma in skreeusnaakse verjaarsdagkaartjie

Daniel Craig wys ’n ernorme bedrag geld van die hand om nie meer James Bond te speel nie