• Pia Mia Perez, beter bekend as Pia Mia, is ’n 17-jarige sangeres en liedjieskrywer van die Amerikaanse eiland Guam in die Stille Oseaan.
  • Sy word dikwels met die Britse sangeres Rita Ora (23) vergelyk – die twee lyk na mekaar en het dieselfde aweregse modesmaak.
  • Kylie Jenner (16) is haar beste pel, maar sy is ook vriende met ander Hollywood-bekendes, soos Jaden Smith 915), Nicole Richie se kleinsus, Sofia (15), en Vanessa Hudgens se suster, Stella (18).
  •  In 2011 het sy saam met die Disney-ster Bella Thorne (16) in ’n musiekvideo genaamd Bubblegum Boy verskyn.
  • Sy was die meisie wat in Keeping Up with The Kardashians haar weergawe van Drake se liedjie Hold On, We’re Going Home gesing het – voor Drake en Kanye West en terwyl Kylie dit by die etenstafel verfilm het. Hulle het dit later op YouTube geplaas en dit het ’n treffer geword. “Dit was ’n baie koel ervaring,” sê sy oor die spontane vertoning.
  •  Op die klankbaan van die fliek Divergent sing sy en Chance the Rapper die liedjie Fight for You.
  • Sy gaan glo uit met die akteur Garrett Backstrom (18). Hy is bekend vir sy rolle in die Disney-reekse Jessie en Lab Rats.

BRONNE: Hollywood Reporter, Daily Mail, MTV