Die Amerikaanse R&B-sanger/liedjieskrywer Miguel se naam is op almal se lippe oor sy bekroonde liedjie Adorn en die treffer Beautiful saam met Mariah Carey

  • Die sanger, wat vanjaar ’n Grammy vir beste R&B-liedjie vir Adorn gewen het, wou ’n danser wees toe hy vyf was, maar teen 14 het hy sy eie liedjies opgeneem.
  • Volgens gerugte tree Mariah soos ’n diva op, maar Miguel het net respek vir haar. “Dit was haar idee dat ek en sy Beautiful as ’n duet moet opneem. Die video het daarby gepas. Sy is die meesterbrein,” sê sy.
  • Die hartebreker is nie as tiener toegelaat om met meisies uit te gaan nie. “My ma was baie beskermend en geestelik, baie godsdienstig en het gevoel as jy met iemand uitgaan, moet jy met haar trou. En ek dink glad nie sy is verkeerd nie.”
  • Slegte nuus, meisies: Miguel het ’n meisie! Hy en die aktrise/model Nazanin Mandi, wat in sy musiekvideo Do You verskyn, is al sewe jaar saam.
  • As hy sukkel om te skryf, gaan stap hy of speel videospeletjies. Modern Warfare is sy gunsteling-speletjie.
  • Die vreemdste geskenk wat hy al ontvang het, was ’n opgestopte vark met die woorde “Sure thing” daarop.
  • Wolverine is sy gunsteling-superheld.
  • Monica (van The Boy is Mine-faam) is die meisie wat sy hart vinniger laat klop.

BRONNE: famousbirthdays, billboard, youtube