• Lily (24) is in Engeland gebore, maar het op ses Los Angeles toe getrek. “Ek is baie meer Europees as die mense hier,” sê sy. “Ek weet waar my wortels is en mis Engeland, selfs die aksent.”
  • Haar pa, die Britse rocker Phil Collins, het haar en haar Amerikaanse ma, Jill Travelman, verlaat toe sy ses was. Maar Lily is nie bitter daaroor nie. “Hy is die beste. Hy is baie snaaks en ondersteunend.” Hy het selfs sy liedjie You’ll Be in My Heart aan haar opgedra.
  • Haar gunstelingwapen in The Mortal Instruments is die sweep. “Ek is mal daaroor; daardie slangsweep is fantasties!”
  • Haar welige wenkbroue is kenmerkend. “Dit het my altyd gepla. Ek het dit eenkeer selfs probeer pluk om in te pas by ander, maar nou hou ek daarvan. Ek het besef die vreemde goed wat jou anders maak, maak jou ook mooi.”
  • Toneelspeel is nie haar enigste talent nie; sy het al geskryf vir tydskrifte soos Elle Girl, Seventeen, Teen Vogue en die Los Angeles Times! “Ek is regtig lief vir die joernalistiek.”

Bronne: seventeen.com, dailymail.co.uk; imdb.com; twitter