• Dié 24-jarige aktrise is ook ’n talentvolle sangeres en haar liedjie Power is onlangs uitgereik. Dit verskyn op haar debuutalbum, wat nog uitgereik moet word. Wat kan die aanhangers verwag? “Beslis ’n bietjie gewaagdheid. Jy gaan ’n klomp verskillende kante van my sien,” sê sy.
  • Haar geboortenaam is Katerina Alexandre Graham en sy is in Genève, Switserland, gebore, maar het in Los Angeles in Amerika grootgeword.
  • Sy praat Engels, Spaans, Frans en Hebreeus en ’n bietjie Portugees. Haar pa het eens as joernalis vir die Verenige Nasies gewerk en haar oupa was 40 jaar ’n VN-ambassadeur.
  • Sy het verlede jaar verloof geraak aan die aantreklike akteur Cottrell Guidry, maar sê hulle is “al klaar soort van getroud” en voeg by: “Ek beplan dus net ’n partytjie.”
  • Nes Angelina Jolie ondersteun sy die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge. “Op hierdie oomblik is daar iewers ’n gesin wat deur oorlog uitmekaargeskeur word, kinders wat van hul ouers geskei word, lewens en huise wat vernietig word. Een gesin wat deur oorlog van mekaar weggeskeur word, is een te veel.”

Volg haar op Twitter: @KatGraham en instagram katgrahampics

BRONNE: popsugar.com, katgraham.com, seventeen.com, imdb.com