• Sy debuutalbum, Subliminal, is laat verlede jaar uitgereik en verkoop soos soetkoek.
  • Jimmy is sexy en slim. Hy swot joernalistiek en sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad.
  • Hy het groot planne vir sy 21ste verjaardag. “Ons beplan om deur die land partytjie te hou. Ek gaan verskillende gesellighede in my kerk, in my gemeenskap, saam met my familie en saam met my aanhangers hê.”
  • Hy hou van meisies met houding. “Die eerste ding wat my na ’n meisie aantrek, is hoeveel selfvertroue sy het.”
  • Liefdadigheidswerk lê hom na aan die hart. Jimmy het die afgelope jaar geld vir renosters en komberse ingesamel, ’n tehuis vir mishandelde vroue ondersteun en ’n “geldinsamelingskonsert gehou vir ’n man wat met sy mediese rekeninge hulp nodig gehad het”.
  • Oor vyf jaar wil hy ’n “suksesvolle musikant met ’n B.A.-honneursgraad en hopelik op ’n wêreldtoer wees”.

Volg hom op Twitter: @JimmyNevis