• Dié 22-jarige sanger het as kind liedjies begin skryf. Sy eerste snit was Six Years Old. “Dit was ’n liedjie oor die moeilike tye wat ’n sesjarige beleef,” sê hy.
  • Hy versamel horlosies vir die pret. “Ek is ’n groot horlosieversamelaar. Ek het drie Burberry-horlosies omdat hulle sulke koel horlosiebande maak.”
  • Hy het al sy handtekening op ’n meisie se asmapompie geteken. “Die meisie het na my toe gekom by ’n ontmoetingsgeleentheid en gevra: ‘Sal jy my asmapompie teken? Want jy slaan my asem weg.’ ”
  • Hunter was die openingskunstenaar op Taylor Swift se Speak Now-toer en in September het hy aanhangers tydens die laaste deel van haar Red-toer verras. Taylor het dit ná die vertoning getwiet: “Dankie @HunterHayes dat jy almal mal gemaak het met jou liedjie I Want Crazy! Die skare was dol oor hom en ek het elke minuut daarvan geniet. #redtour”
  • Hy was ’n skaam kind en sê hy het ’n veilige plekkie in musiek gevind. “Om liedjies te skryf was soos my vriend; dit was die een ding wat my nooit sou teleurstel nie.”

Volg hom op Twitter: @HunterHayes  

BRONNE: People (US), Twitter.com, justjared.com, hunterhayes.com