• Sy het kontemporêre musiek aan die Nasionale Skool vir die Kunste in Johannesburg (sy woon daar) studeer.
  • Sy het haar groot deurbraak gekry nadat die plaaslike platejoggie DJ Paul Almeida haar demo-opname gehoor het. Hy het dit vir ’n grootbaas by EMI gestuur en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.
  •  Die pragtige brunet is ook ’n model – en een van haar gunsteling TV-programme is America’s Next Top Model.
  •  Sy hou van verf, kegelbal speel of TV kyk vir ontspanning. “Ek is nes almal verslaaf aan Grey’s Anatomy.”
  •  Het jy geweet? Sy het ’n moesie op presies dieselfde plek onder elke voet.
  •  Haar gunsteling groepe/sangers is Two Door Cinema Club, Tokyo Police Club, The Runaways, Marvin Gaye en Amy Winehouse.