• Ons ken die pragtige 17-jarige aan haar verhoognaam, Birdy, maar haar regte naam is Jasmine van den Bogaerde.
  • Die vermaakbedryf is in haar bloed. Haar ma is ’n professionele konsertpianis en haar hele familie is betrokke by musiek en kuns. “Hulle verstaan dus my passie daarvoor,” sê sy.
  • Sy hou niks van haaie nie en is dol oor Marmite en tee.
  • As kind was Tom & Jerry haar gunstelingstrokiesprent.
  • Die liedjie No Angels is een van haar gunstelinge op haar nuwe album. “Dis gestroop. Ben Lovett van Mumford & Sons is een van die medeskrywers.”
  • Watter raad het sy vir iemand wat ’n musiekloopbaan wil volg? “Vind jou eie styl en bly na aan die mense wat jy liefhet.”

Volg haar op Twitter: @OfficialBirdy

BRONNE: contactmusic.com, officialbirdy.com, cambio.com, sugarscape.com