• Alyson se passie vir dans kom van kleintyd af. Sy was net drie jaar oud toe sy begin het met lesse in ballet, jazz- en klopdans.
  • Die 20-jarige aktrise het al in verskeie video’s as danseres opgetree, onder meer in Missy Elliott se Work It (2002) en Eminem se Just Lose It (2004). Sy gee nou hip-hop-lesse by die Millennium-danskompleks, waar sy die jongste mens nog is om ’n meesterklas aan te bied.
  • Sy is groothartig. Alyson het altyd ’n boks kos in haar motor ingeval sy iemand teëkom wat iets nodig het om te eet. “My siening van die wêreld is my glas is half vol. Ek is baie dankbaar en bevoorreg om te wees waar ek is en om in God se plan gebruik te word om ander mense te help.”
  • Sy was een van die 12 kinders in die 2003-komedie Cheaper by the Dozen, en het in die oorspronklike Step Up (2006) teenoor Channing Tatum (34) gespeel. Sy was Camille Gage, sy kleinsus.
  • Alyson het die stem behartig vir die karakter Isabella in die Disney-animasieprogram Phineas and Ferb. Sy het selfs Isabella se sêding “Whatcha doin’?” uitgedink. Dis nou koel!

-       Megan Bursey

BRONNE: ALYSONSTONER.COM, IMDB.COM, TVGUIDE.COM