• Die 23-jarige aktrise, wat die eerste keer ons oog gevang het in die TV-reeks Teen Wolf, is genoem na die hoofstad van Suid-Australië en haar byname is Addy, AK en Ladybug.
  • Sy is volmaak in die rol van die Skotse koningin Mary, want sy het glo Skotse bloed. “Dis hoekom ek Mary kon verstaan toe ek die draaiboek vir die eerste episode lees,” sê sy.
  • As sy een dag koningin was, sou sy . . . “Geslagsdiskriminasie afskaf, gay huwelike oral wettig verklaar, omgewingsinisiatiewe bevorder en openbare vervoer verbeter.” Ons is beïndruk!
  • Sy is dol oor strokiesprente en het haar vertolking van Mary deels gegrond op Wonder Woman – en nee, dit beteken nie aanhangers kan uitsien na ’n Mary wat vlieg nie.
  • Sy erken sy is ietwat van ’n bleeksiel en besoek elke oggend die snaakse webblad cheezeburger.com. Toe sy jonger was, was sy ’n boekwurm wat gesukkel het om sosiaal te verkeer.

-      Janine Nel

Bronne: adelaidekane.us, hollywood.com, adelaidekanedaily.com, eonline.com