Luidens Zuma sien hy daarna uit om met Trump saam te werk, “om een van die sterkste verhouding tussen twee lande te bou”. Die Suid-Afrikaanse president is ook opgewonde daaroor om saam met die nuwe Amerikaanse administrasie te werk om vrede, sekuriteit en voorspoed wêreldwyd, en in die besonder in Afrika, te bewerkstellig. Lees ook: Só gons sosiale media ná Donald Trump se skoksege Op Twitter het die regering onder die Twitter-profiel South African Gov ook die nuus van Zuma se gelukwensing aangekondig.

Hy sien ook uit na die uitbou van sterk verhoudings tussen Suid-Afrika en Amerika.

Rusland se pres. Wladimir Poetin het Trump gelukgewens en sy vertroue in dialoë tussen Moskou en Washington, in ooreenstemming met mekaar se standpunte, uitgespreek, “waarby Rusland en die VSA sal baat vind,” berig Russia Today.

Angela Merkel, Duitse kanselier, het ’n “beslote korporasie” aan Trump gebied, op die basis van gedeelte trans-Atlantiese waardes wat volgens haar die respek vir menswaardigheid insluit, ongeag mense se oorsprong, geslag of geloof.

Lees ook: Die ‘haas ondenkbare’ het gebeur – Trumpzilla is die nuut verkose president van Amerika!

Intussen is daar gemengde gevoelens oor Trump se verkiesing. Ene Joyce Liu van Ottawa, Kanada, het getwiet: “Rest of the world to Amerika: WHAT HAVE YOU DONE,” onder die hutwoorde NotMyPresident #Trumpocalypse #Elections2016

Nog ’n gebruiker, ene Sir Ravindra Jadeja, het getwiet: #Hillary had 30 years of political experience; Trump had a reality show.

Theresa May, Britse eerste minister, het gesê sy sien daarna uit om saam met Trump te werk. “Ons is en sal sterk vennote bly in handel, sekuriteit en verdediging.”