Dis nie aldag dat die president van Amerika vir jou ’n brief skryf nie. So verbeel jou net die opwinding by Media24 se hoofkantoor toe ’n koevert met die amptelike seël van die Withuis vroeg in die nuwejaar by ons aangekom het.

Het die magtigste man in die wêreld werklik die moeite gedoen om persoonlik ’n bedankingsbrief te skryf nadat hy ons spesiale Nelson Mandela-gedenkuitgawe ontvang het?

Die antwoord is: ja.

Die Amerikaanse president was een van vele wêreldleiers wat saam met Suid-Afrikaners van Madiba afskeid kom neem het toe dié geliefde staatsman in Desember 2013 oorlede is.

En hy het sy waardering uitgespreek dat hy die gedenktydskrif van 148 bladsye ontvang het wat Huisgenoot en ons sustertydskrifte YOU en Drum enkele dae ná Madiba se dood gepubliseer het. “Dankie vir jou bedagsame geskenk,” skryf hy aan Esmaré Weideman, uitvoerende hoof van Media24 en oudredakteur van Huisgenoot, YOU en Drum.

obamaletter
Esmaré het ’n paar eksemplare van die tydskrif via die Withuis se kanale aan hom gestuur. “Weet asseblief dat jou hartlike gebaar my diep geraak het.”
'Sy nalatenskap laat my daarna strewe om ’n beter mens te wees.'

Obama herhaal ook in die brief hoe hy Suid-Afrika se oudpresident bewonder het. “Nelson Mandela het nie net wette verander nie, maar ook harte. Sy nalatenskap laat my daarna strewe om ’n beter mens te wees. Dit was ’n besondere eer om sy lewe saam met die mense van Suid-Afrika te kon vier.”

Die tydskrif is by die Withuis afgelewer deur Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool.

Dit dek Madiba se lewe – van sy geboorte en aanhouding tot sy onstuimige liefdelewe en aftrede – met tydlyne, infografika en dramatiese foto’s.

[caption id="attachment_91882" align="alignnone" width="600"]Pres. Obama het die Engelse-weergawe van die tydskrif, wat onder die YOU-naam gepubliseer is, ontvang. So lyk die tydskrifte wat pres. Obama ontvang het.[/caption]

Bestel jou kopie - klik hier