Met dié dat selfoonkameras ál beter word, neem die meeste ma’s waarskynlik hope kiekies van hul kinders. Pleks van dit op sosiale media plaas, hoekom gee jy nie die foto’s op geskenke vir hul ouma of maak geskenkkaartjies nie? Met hierdie slim idees kan jy jou gelukkige herinneringe met jou geliefdes deel. En die beste van alles is: Die kinders kan help.

Kom ons kook

SUPERMOMS

Hierdie fotovoorskoot is ideaal as jy ’n gesinsfoto wil gebruik om vir ouma ’n geskenk te maak.

Benodigdhede

  • Gesinsfoto
  • Voorskoot (die kopieerwinkel kan dit dalk verskaf)

Maak so

  • Laat die foto by ’n kopieerwinkel op ’n voorskoot druk. (Gedrukte voorskoot, R170, The Printing Press.)
  • Kry dit hier: The Printing Press 021-685-6930

Ontspan SUPERMOMS SUPERMOMSSUPERMOMS Almal, van tantes tot onderwyseresse, sal dol wees oor hierdie tuisgemaakte badsout-bederf met foto-etikette.

Benodigdhede vir badsout

  • Ses dele growwe seesout
  • Drie dele Engelse sout
  • Een deel koeksoda
  • ’n Paar druppels vlugtige olie van jou keuse
  • ’n Paar druppels koskleursel

Maak so

  • Meng al die bestanddele met ’n vurk in ’n mengbak.
  • Vul ’n bottel met ’n verseëlbare deksel met die sout.
  • Gebruik ’n foto om ’n etiket vir jou badsout te maak. Plaas ’n gekoopte etiket oor die deel van die foto wat jy as jou etiket wil gebruik, trek dit af en knip dit met ’n skêr uit. Druk ’n gat daarin en maak dit met tou of lint aan die bottel vas.

Raam dit

SUPERMOMSSUPERMOMSSUPERMOMS

Hierdie rame van metaaldeksels is maklik om te maak en jy kan ’n reeks foto’s gebruik om elkeen te maak.

Benodigdhede

  • Gesinsfoto’s
  • Metaaldeksels in verskeie groottes
  • Alkantkleefband of handwerkgom
  • 1 m lint
  • Warmgomgeweer

Maak so

  • Knip die foto’s sodat dit aan die binnekant van die deksels pas.
  • Plak die foto’s met alkantkleefband of handwerkgom aan die binnekant van die deksels vas.
  • Rangskik die deksels van klein tot groot langs mekaar met die foto’s na onder. Vou die lint dubbel en plak dit met warm gom aan die agterkant van die deksels vas. Laat die lus van die lint sowat 7-8 cm bo die kleinste deksels uitsteek. Knip die lint aan die onderkant korter indien nodig.

- Shelly Bergh

Foto’s: Misha Jordaan