Dit volg ná dit oor die naweek aan die lig gekom het Collins het glo sy salaris met 350% verhoog van R1,3 miljoen tot R5,9 miljoen, berig die SAUK. Die raad beskou glo die bewerings teen Collins in 'n "ernstige lig".

Netwerk24 berig Nana Zenani, Prasa se hoof van bemarking en kommunikasie, het die stap deur die direksie (om Collins af te dank) bevestig. Die skokkende stap volg net enkele ure ná hy tydens ’n mediakonferensie in Pretoria gesê het hy gaan "korrupsie in Prasa beveg". "Ek sal nepotisme in Prasa beveg...Ek wil aan my kollegas noem, oorlog kom, maar ons moenie afwyk van die saak nie. Honde blaf nie vir motors wat stilstaan nie."

Berigte in ’n Sondagkoerant het Collins se beweerde salarisverhoging aan die groot klok gehang. Dié verhoging het glo in Oktober plaasgevind. Fin24 berig Collins is reeds sedert Junie in Prasa se diens.

Die Sunday Times het ook berig dat Collins glo aangedring het op ’n motor met ’n chauffeur en ’n maatskappyselfoon met onbeperkte lugtyd.

Die waarnemende uitvoerende hoof het die bewerings ten sterkste ontken.

Prasa het aangedui die soektog na 'n permanente uitvoerende hoof is reeds aan die gang is.

Bronne: Fin24, Netwerk24, SAUK