Guiyang, China - . Wanneer die paartjie op 'n uitstappie na die park gaan, ry hulle saam op 'n rystoel.

Die mense noem hulle Oupa Gu en Ouma Liu. Hy is 100 jaar oud en sy 91. En die twee is al vir die afgelope 70 jaar onafskeidbaar.

"Ons voltooi mekaar" sê Liu. "Hy het goeie sig maar power gehoor. Ek is weer andersom. Hy is my oë en ek is sy ore."

Die twee het mekaar tydens die Weerstandsoorlog teen Japan ontmoet. Vir Gu was dit liefde met die eerste oogopslag. Maar Liu was nie so seker nie, veral omdat hulle van verskillende provinsies afkomstig was. Maar Gu het nie tou opgegooi nie en hy het uiteindelik Liu se hart volledig verower.

Vir 'n dekade rondom die 1960's het hulle harde bene gekou. Liu moes help om klere vir mense te maak om kos vir die gesin in te bring. Eers rondom 1980's het daar verligting gekom. Vir die paartjie is hul grootste trots die feit dat al vyf hul kinders kollege bygewoon het en goeie werk het.

Nou het hulle reeds agterkleinkinders. Die paartjie spandeer hul dae deur Chinese skaak te speel en die park te besoek. Deesdae ry die twee op een elektries-aangedrewe rolstoel wanneer hulle op uitstappies gaan.

BRON: People's Daily Online

FOTO: Guizhou Business Newspaper