Die oorlede Springboklegende Joost van der Westhuizen en Amor Vittone se dogter, Kylie, het die afgelope naweek haar 11de verjaardag met ’n partytjie gevier.

Kylie verjaar wel eers later die week. Dit sal haar eerste verjaardag wees sonder haar pa, wat op 6 Februarie vanjaar oorlede is.

Amor het ’n foto van die partytjie op haar Facebookblad gedeel. Kylie het haar nuwe lewensjaar met ’n helder reënboogkoek gevier.

Amor het die afgelope naweek as “lekker besig” beskryf. Hulle moes omtrent bontstaan om boonop ook by netbal, sokkerwedstryde en ’n perdrykompetisie uit te kom.

Baie geluk met jou verjaardag, Kylie!