[caption id="attachment_153419" align="aligncenter" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Die 18 maande oue Madison Gatlin is gebore met die uiters seldsame toestand Cloves, wat 'n opswelling van die limfkliervloeistowwe onder die arms en borskas tot gevolg het. Dit word veroorsaak deur 'n geenafwyking waaraan net sowat 200 mense wêreldwyd ly.

Haar ma, Joni Gatlin, sê dit lyk asof sy in haar bolyf gewig aansit, wat haar die voorkoms van 'n liggaamsbouer gee. "Daarom noem ons haar Baba Hulk.”

Joni het haar dié bynaam op die ingewing van die oomblik gegee toe twee seuntjies by haar wou weet wat skort met die baba.

[caption id="attachment_153424" align="aligncenter" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Sonder om te dink het ek gesê haar pappa is die Hulk. Hulle het gedink dis die oulikste ding ooit! Daarna wou hulle haar beste maatjies wees.”

Joni was 15 weke swanger toe dokters 'n ongewone vloeistof in die lyf van die ongebore baba opmerk. Ná haar geboorte het dit bly groei en weeg nou meer as 2 kg.

[caption id="attachment_153421" align="aligncenter" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Madison word as 'n mediese wonderwerk beskou omdat dokters destyds gesê het sy sal nooit kan loop of selfs moontlik eens oorleef nie.

Dokters onttrek nou daagliks klein hoeveelhede van die vloeistof uit haar liggaam om te keer dat die gewas verder groei.

[caption id="attachment_153423" align="aligncenter" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Joni sê sy wil nie hê mense moet bang wees vir haar dogter nie. “Sy makeer niks nie; sy het net 'n genetiese afwyking.”

Dit is waarom sy vir jonger kinders vertel Madison is die Hulk se dogter, “want ek dink nie hulle sal haar toestand verstaan nie – so sal hulle nie bang wees vir haar en haar anders hanteer nie.”

[caption id="attachment_153420" align="aligncenter" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Joni meen die beste raad om iets soos haar kind se toestand te hanteer, is 'n goeie humorsin.