Terwyl die res van Suid-Afrika behoorlik deurgeloop het onder die Desember-hitte, het die gewese Mej. Suid-Afrika Melinda Bam en haar man, Adriaan Bergh, lekker pret gehad in die sneeu!  

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

"Dit was 'n ongelooflik vakansie," vertel Melinda (27) uit Johannesburg aan Huisgenoot. Sy en Adriaan (29) het onlangs teruggekeer van 'n vakansie in Duitsland, Oostenryk en Switserland.

"Ons het geski in die dorpies Saalbach en Hinterglemm in Oostenryk. Dis baie lekker, want 'n mens kan dan bietjie aktief wees terwyl jy vakansie hou en die adrenalien is heerlik," sê sy.  

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Hulle is ook Duitsland toe en het München verken, waarna hulle Zürich in Switserland besoek het.

"Ek sal enige tyd weer teruggaan," vertel sy. "Die sneeu is rêrig ongelooflik. Dis so lekker knus en gesellig om in die koue daar te wees."  

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Melinda vertel sy is versot op kastele en het haar verkyk aan al die ou geboue en kastele in dié lande. Adriaan het haar destyds met hul eerste huweliksherdenking in 2015 na die Kronberg-kasteel in Duitsland geneem.  

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Dié keer het hulle die Neuschwanstein-kasteel in Duitsland besoek, wat as inspirasie gedien het vir die kasteel in die gewilde Disney-sprokie Die Slapende Skoonheid.  

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

"Ek wou nog altyd die kasteel sien. Dit was drie uur se ry van waar ons gewoon het, maar gelukkig het ek 'n baie oulike man wat bereid is om drie uur te ry net sodat ek die kasteel kan sien!" spot sy.