Op 10 September 2015 het Elizma Theron en haar man, Nico Grobbelaar, die blye tyding met die wêreld gedeel: ’n boetie of sussie is op pad vir Eli-Zé.

Lees ook:  Baie goeie nuus vir Elizma Theron!

Intussen het Elizma op Facebook bekendgemaak dat dit ’n boetie gaan wees. Sy skryf: “Ek deel graag ’n foto’tjie van ons glimlagprins Nicolaas Jó ( noemnaam NJ [Afrikaans]) met julle. Kan nie wag om die lyfie vas te hou nie. Liefde en seën vir almal!! Xxx”

Vroeg in Januarie 2016 het sy die mooiste foto’s van haar en haar gesin, met NJ nog op pad, gedeel. Dié pragtige versameling is die handewerk van Albert Bredenhann van Pixel Pro en is by Gourits geneem.

[post-slider]

Hoe lyk dit, wil julle nie ook jul swangerskapfoto’s met ons deel nie? Stuur gerus foto’s na web@huisgenoot.com vir moontlike plasing op ons webtuiste.