Vroue van 45 ander wêreldlande het ook verteenwoordigers by die geleentheid gehad. Candice is gekroon as die 27ste Mev. Wêreld.
Tydens die verrigtinge het Candice geskitter in haar nasionale rok deur die plaaslike ontwerper Anel Botha. Die rok simboliseer Suid-Afrika se diverse diereryk. Haar kopstuk is deur nog 'n plaaslike ontwerper, Riana Conradie, gemaak.
Dié sakevrou, model en ma se man, die Metro FM-omroeper Ismail Abrahams, het hom dadelik tot sosiale media gewend om sy vrou geluk te wens.

My wife @candice_abrahams just won Mrs World title so proud

A photo posted by Ismail Abrahams Dj Man (@iamdjman) on

Candice het ook 'n beeldskone rok van Werner Dey gedra.

My gorgeous Werner Dey gown #MrsWorld2016Pageant Tonight at the GoodView Hotel China cc @mrs_south_africa

A photo posted by C A N D I C E (@candice_abrahams) on

Baie, baie geluk, Candice!

Lees ook op Huisgenoot.com:

Die Rhodes-gedenkteken-verkragter moontlik aangekeer

Toekoms van Afrikaans by Maties deur hof beslis

Vir Altyd verskuif grense ná hul meeste geld nog vir Afrikaanse fliek verdien

Motoris se lyk gevind ná hy op pad werk toe in Pretoria-vloede wegspoel

Desiré Gardner omtower in ‘vurige, borrelende blondine’ én deel wonderlike nuus!

Grusame besonderhede oor Tokai-moord kom aan die lig