Voor hulle was dit lady Diana se troue met prins Charles in 1981. Vir ander was dit die wipplank-romanse tussen die akteurspaar Elizabeth Taylor en Richard Burton. Maar die oorspronklike sprokie van die 20ste eeu is gewis die verhaal van die aantreklike prins van Monaco en die beeldskone aktrise wat Hollywood verower het.

A photo posted by Heidi Wynne (@heidiwynne) on

Prins Rainier III het aan die hoof gestaan van die piepklein prinsdom Monaco op die Franse Riviera, die glansryke speelplek van die rykes. Grace Kelly was die dogter van ’n bouer van Philadelphia, Amerika. Hy het sy dogter se loopbaankeuse as ’n aks bo dié van ’n straatmens beskou. As 20-jarige het sy ’n loopbaan as aktrise begin en ’n hoofrol in vyf films vertolk en selfs ’n Oscar vir haar spel in The Country Girl gekry. Op die stel van nog ’n Hitchcock-riller, Rear Window

Ironies was dit juis haar loopbaankeuse wat haar die liefling van die wêreld gemaak het. Rainier het haar ontmoet toe sy in 1955 op die Riviera besig was met die verfilming van ’n Alfred Hitchcock-riller, To Catch a Thief. Dit was die tydskrif Paris Match wat gedink het dat ’n ontmoeting tussen die beeldskone Grace en die prins ’n goeie idee sou wees. Edward Quinn sou as fotograaf dié ontmoeting vir die tydskrif op film vaslê. “Prins Rainier was laat vir die afspraak,” het hy onthou. En hy het die beste van die tyd gemaak deur foto’s van Grace in feitlik elke vertrek van die paleis te neem, selfs die troonkamer. Grace Kelly se eerste besoek aan Monaco.

“Toe die prins opdaag, het Grace ’n diskrete Amerikaanse tipe buiging gemaak en hulle het hand geskud.” Ná die ontmoeting het sy glo gesê: “Hy’s ’n baie sjarmante man.” Die prins was verlief; sy nie. Maar sy deursettingsvermoë en strome briewe aan haar het eindelik vrugte afgewerp.

Drie dae nadat hy haar ouers ontmoet het, het hy haar om haar hand gevra. Sy het ja gesê en kort voor lank het voorbereidings begin vir die huwelik van die eeu. In haar laaste fliek, High Society, dra sy haar eie verlowingsring tydens haar duet met Bing Cosby.

Die verloofring van naderby: smaragsnit met baguette-snit diamante weerskante.
Prince Rainier III het ’n allemintige 139 titels bo en behalwe dié van prins gehad en hy was die alleenheerser van ’n prinsdom met 20 000 inwoners. Alfred Hitchcock het glo ewe pittig laat hoor dat hy “baie bly was sy het so ’n goeie rol vir haarself gevind”.
Twee huwelikseremonies het op die paartjie gewag: op 18 April het die burgerlike seremonie plaasgevind en die kerktroue op 19 April 1956.
Terloops, prinses Grace se trourok is deur Oscar-wenner Helen Rose van MGM ontwerp. Dit het ses weke gekos om te voltooi en drie dosyn naaldwerksters het daaraan gewerk.

A photo posted by Ella Moda (@ella_moda) on

Die paartjie wat mense weer in die liefde laat glo het.

A photo posted by Yonara Carmenn (@blogsweetchic) on

Die prins en sy prinses met hul eersgeborene, Caroline.
Prinses Grace met die kleine Albert, wat vandag met Suid-Afrika se Charlene Wittstock getroud is.
Op 13 September 1982 is die hart uit die sprokie geruk toe prinses Grace van Monaco sterf nadat die motor waarin sy was, oor ’n afgrond gestort het. Haar dogter Stephanie (17) was saam met haar in die motor. Prins Rainier het nooit weer getrou nie. Hy het in 2005 gesterf en is langs sy vrou binne-in die Monaco-katedraal begrawe, dieselfde katedraal waarin hulle getrou het.

A photo posted by @miss_nostalgiamc on

Ter herdenking van die 60ste jaar ná die troue van prins Rainier en prinses Grace gaan die Prins Se Paleis van 12 tot 19 April 2016 foto’s uitstal wat die romanse van die eeu uitbeeld.

Bronne: edwardquinn.com,time.com, wikipedia.com, chicagotribue.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Alles wat ons doen, doen ons saam’ verklap Victoria Beckham oor manlief David

Aitsa! Kyk net hoe spoggerig lyk Leandie du Randt met haar korter hare

‘Wat ’n verligting!’: FW se skoondogter na byna ’n dekade se sukkel eindelik geskei

‘Ma, ek was amper dood’ – Tiener oorleef wonderbaarlik nadat sy van bewegende trein afval

Kyk net wat kyk Steve se hondekinders die graagste op TV