Sy’s die koningin van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië en Nieu-Seeland, hoof van die statebond, opperhoof-goewerneur van die Kerk van Engeland – en “Gam gam”.

Koningin Elizabeth II vier vandag haar 90ste verjaardag en ons kyk terug na die mylpale in haar nege dekades op aarde en 63 jaar op die troon.

Die hertog en hertogin van York, wat later koning George VI en koningin Elizabeth sou word, hou die kleine prinses Elizabeth Alexandra Mary vas by haar doopseremonie in 1926.

Kyk net die treffende ooreenkoms met haar kleinseun! ’n Eenjarige Elizabeth glimlag breed vir haar eerste portret.

Dit is die eerste brief wat “Lilibet”, soos die prinses Elizabeth se familie haar genoem het, na haar ouma, koningin Mary, gestuur het.

Net ’n doodgewone dogtertjie: Lilibet ry haar driewiel in ’n foto wat in 1930 geneem is.

Sy was altyd dol oor haar corgi’s! Die jong prinses gekiek met twee van haar geliefde troeteldiere by haar huis by Piccadilly 145, Londen, in 1936.

Die koningin (links) en haar suster, prinses Margaret (middel), besoek die pikkewyne by die Londense dieretuin in 1938.

Prinses Elizabeth in haar Girl Guides-uniform by Frogmore, Home Park in 1942.

Van prinses tot werktuigkundige: Elizabeth het tydens die Tweede Wêreldoorlog haar pa gesmeek om toegelaat toe word om op ’n manier te help. Sy het ’n oorpak aangetrek en is in Londen as werktuigkundige en militêre trokbestuurder opgelei. Die koningin is nog steeds die enigste vroulike lid van die koninklike familie wat by die gewapende magte aangesluit het.

Sy was nog altyd lief vir die kunste – sy het in 1944 in ’n produksie van Old Mother Red Riding Boots verskyn. Elizabeth en haar sibbe het dikwels pantomimes by hul huis by Windsor-kasteel opgevoer.

Die 21-jarige Elizabeth by haar lessenaar in haar sitkamer by Buckinghampaleis in 1946.

Pa se oogappel: Elizabeth lag saam met haar pa, koning George VI (1895 – 1952) in ’n tuin in 1946.

Koning George VI saam met prinsesse Margaret (1930 – 2002, links) en Elizabeth by die Natal Nasionale Park tydens die koninklike toer van Suid-Afrika in 1947.

Prinses Elizabeth en haar man, die Duke of Edinburgh, op hul troudag in 1947. Hy het eers in 1957 die eretitel prins Philip ontvang.

Van prinses tot mamma: Elizabeth en Philip se eersteling, prins Charles, is in 1948 gebore.

Prinses Anne (nou kroonprinses Anne) is in 1950 gebore.

Nog twee prinse het gevolg: Prins Andrew, hertog van York (in 1960) en prins Edward, graaf van Wessex (gebore in 1964).

Sy het met haar pa, koning George VI, se dood in 1952 koningin geword.

Die jong koningin afgeneem toe sy die parlementsopening tydens haar koninklike toer van Australië in 1954 verlaat. Sy was 28.

Koningin Elizabeth II en prins Philip, hertog van Edinburgh, poseer vir ’n portret by Buckinghampaleis in Desember 1958.

Die koningsgesin by Windsor. Van links: Prins Edward, hertog van Edinburgh, koningin Elizabeth, prinses Anne en prinse Charles en Andrew.

Die monarg en haar man by die Taj Mahal tydens hul ses-week lange koninklike besoek aan Indië in 1961.

’n Kwarteeu op die troon: Die koningin vier haar silwer jubileum in 1977.

Lees ook: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Die koningin gesels met die emir van Bahrein tydens ’n perd-en-kameel-toernooi in Bahrein in 1979.

Skoondogter: Prins Charles en lady Diana Spencer, toe nog sy verloofde, saam met koningin Elizabeth II by Buckinghampaleis in 1981.

Charles en Diana soen op by die balkon by Buckinghampleis op hul troudag in 1981 terwyl koningin Elizabeth toekyk.

Ouma: Diana, met haar seun, prins William, in haar arms, saam met prinse Charles en Philip, koningin Elizabeth II (links) en koningin Elizabeth, die koninginmoeder (1900 – 2002) by Buckinghampaleis ná prins William se doopseremonie in 1982.

Die koningin saam met prinse William en Harry in die koninklike losie by die Guards-poloklub, Smiths Lawn, Windsor.

In rou: Koningin Elizabeth en die hertog van Edinburgh kom by Buckinghampaleis aan vir Diana se begrafnis.

Gelukkiger tye: Die koningin (in geel) by prins William en Kate Middleton (nou die hertogin van Cambridge) se troue in 2011.

Gam Gam: Die koningin groet haar jongste kleinseun op sy doopdag by die Chapel Royal in St James-paleis, Londen in 2013.

’n Nuwe klein prinsessie: Die koningin en prins Philip kom by die St. Mary Magdalene-kerk op die Sandringham-landgoed aan vir prinses Charlotte van Cambridge se doopdag in 2015.

Lees ook: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Vier generasies: Prinse Charles, William en George poseer saam met die koningin vir ’n spesiale portret om haar 90ste verjaarsdag te vier.

The Royal Mail celebrates #Queenat90 with a specially commissioned Stamp Sheet, featuring four generations of the Royal Family.

A photo posted by The British Monarchy (@the_british_monarchy) on

Ander stories op Huisgenoot.com

Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders