“Liefdes drukkies! Oe, hoe gek is ek daaroor om na jou huis toe te kom. My nuwe gunstelingmens (jammer D’Niel),” het Rolene by ’n foto geskerts waar sy ná ’n oefensessie hul bulletjie vashou. Die knapie is nou drie maande oud.

Rolene is vanjaar besig met die finale jaar van haar mediese studie aan die Universiteit van die Vrystaat. Maria Mashinini, wat al 24 jaar vir die Strauss-gesin op Volksrust werk, het vir die jaar by Rolene in haar woonstel in Bloemfontein ingetrek om haar met die baba te help.

“As ek nog nie geweet het hoe dit voel om bereid te wees om voor ’n motor vir iemand in te loop of my lewe vir iemand af te lê nie, weet ek nou regtig hoe dit voel,” het Rolene onlangs in ’n onderhoud oor ma-wees aan Huisgenoot vertel.

“Ek verstaan nou regtig wat liefde is.”