[caption id="attachment_155180" align="alignnone" width="600"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Met die beëindiging van Barack Obama se termyn van agt jaar, het Donald Trump een van die mees omstrede oorwinnings in die geskiedenis behaal.

Ná ’n veldtog gelaai met skandaal, het die eiendomsmagnaat die onmoontlike reggekry, en boonop selfs weggekom met ’n spottende opmerking teenoor ’n gestremde verslaggewer en hy’t ’n voorval wat grens aan seksuele aanranding as “kleedkamerpraatjies” afgelag.

En nou word die aangewese president Amerika se opperbevelvoerder in ’n seremonie wat beslis mense regoor die wêreld voor hul skerms vasgenael gaan hou.

via GIPHY

Damien Love, ’n resensent vir Herald Scotland, het hoë verwagtings vir die dag. “Die storie begin in ’n nagmerrie-agtige weergawe van 2017 waar groot dele van die Amerikaanse kiesers op ’n manier geflous is om te stem om Donald Trump president te maak,” skryf hy in ’n parodie-resensie wat intussen op die internet versprei het. “Dit klink vergesog, en dit is, maar soos dit aangaan, raak dit ’n al hoe meer ysingwekkende werklikheid. Vandag se fliek gaan oor die spoggerige inhuldiging van pres. Trump en die beroeringe van protes en wanhoop oor die seremonie, terwyl kenners bespiegel oor wat vorentoe op ons wag.” Hy sluit af met: “Dis ’n gebrekkige stuk en ’n ontstellende kykie na die gruwels wat ons kan teëkom as ons nie versigtig is nie.”

Hier is ons lysie van dinge waarvoor jy op die uitkyk moet wees op hierdie dag wat beslis onvergeetlik gaan wees:


1. Die optogte en betogings


Sedert Trump as die aangewese president aangekondig is, is verskeie optogte in die strate van Washington vir die inhuldiging beplan. Aan die voorpunt van die optogte is Michael Moore, die rolprentmaker agter die flieke Bowling for Columbine en Trumpland. Duisende mense, onder wie bekendes soos Mark Ruffalo, Robert De Niro en Alec Baldwin, het Donderdagaand by hom aangesluit vir ’n massa-protesoptog buite die Trump International Hotel. Michael het die geleentheid as die “begin van 100 dae van weerstand” beskryf.

En dit was maar net die begin van die optogte.

In een van Amerika se grootste optogte nog, berig The Guardian het meer as 200 groepe vroue in pienk hoede bekend as pussyhats gaan byeenkom om teen Trump te betoog. Hulle sal ’n verskeidenheid progressiewe kwessies soos LGBT-regte en veldtogte teen rassisme en seksisme verteenwoordig.

Die massaoptog is vir Saterdag 21 Januarie beplan, maar betogers sal na verwagting al Vrydag die strate van Washington invaar.

via GIPHY


2. ’n Vleismuur

Altesaam 5 000 motorfietsryers beplan glo om ’n muur tussen die betogers en Donald by die inhuldiging te vorm. Chris Cox, groepleier van Bikers for Trump, het gesê: “Indien ons benodig word, sal ons beslis ’n vleismuur vorm.”

Volgens Townhall.com gaan die groep wat Donald ondersteun na Washington, D.C., ry om die groot geleentheid by te woon.

Praat van skrikwekkend!

#bikersfortrump are rollin' up steady all day! I'm outta here tomorrow night! Philly for the day and then into the city! Hope to meet y'all!

A photo posted by INAUGURATION COVERAGE!?? (@angie4america_official) on

#bikersfortrump A photo posted by Adv In My blood (@ibar_rider) on
En Donald het selfs vir die groep op Twitter ’n boodskap gestuur.


3. ’n Gay-danspartytjie?


Die aangewese adjunkpresident, Mike Pence, en die LGBT-gemeenskap sit glad nie langs een vuur nie. Onder meer het Mike oor die jare gesê dat gay paartjies “maatskaplike verval verteenwoordig”.

Dus het die LGBT-groep WERK for Peace gedink dit sou ’n goeie idee wees om Woensdagaand die Queer Dance Party by Mike Pence se huis te hou, lui hul Facebook-blad.

So het die groep oor die geleentheid geskryf: “Die homo/transfobiese Mike Pence was so gaaf om ons te nooi om ons boudjies en lywe voor/rondom sy huis in Chevy Chase te kom skud. Ons beplan om (bio-afbreekbare) blinkertjies en reënboog-toebehore agter te laat wat hy NOOIT sal kan vergeet nie. Dis reg, maak gereed om jou ding te doen en vir pappa Pence te sê: Homo/transfobie word nie in hierdie land geduld nie!”

#WeAreQueer #WeAreHere #WeWillDance

Gaan daar nog so iets by die inhuldiging ook wees? Ons hoop beslis so!

A photo posted by David Mee (@particularbitch) on

4. Die inhuldiging

Trump sal om presies 12:00 (19:00 vanaand in Suid-Afrika) die ampseed op die trappe van die Capitol-gebou aflê in ’n seremonie wat dateer uit George Washington se dae. Hy sal met twee Bybels (sy eie en die een wat Abraham Lincoln in 1861 by sy eerste inhuldiging gebruik het) beloof: “Hiermee sweer ek plegtig dat ek getrou die amp van president van die Verenigde State sal uitvoer, en om die grondwet van die Verenigde State van Amerika na die beste van my vermoë te bewaar, beskerm en verdedig.”

Mike Pence sal kort voor Trump die eed aflê.

Daarna sal Donald sy inhuldigingstoespraak lewer. Met sy geneigdheid om mense te ontstig elke keer as iemand vir hom ’n mikrofoon gee, gaan ons beslis inskakel vir dié een.

via GIPHY

5. Jackie Evancho

Sal dit darem hier teen die einde beter gaan? Om die seremonie by die Capitol af te eindig, sal die 16-jarige blouoog-blondekop The Star-Spangled Banner sing.

Jackie het as 10-jarige in 2010 Amerika se hart gewen toe sy tweede plek in America’s Got Talent behaal het.


Terloops, sy’s die bekendste sanger wat by die inhuldiging gaan optree. Verskeie groot name het geweier.

6. Die Obamas

Volgens politico.com sou Barack en Michelle Obama Vrydagoggend koffie met mnr. en mev. Trump by die Withuis drink. Daarna sou die paartjie in dieselfde presidentsvoertuig na die inhuldiging vervoer word.

Pres. Obama sal die verrigtinge na verwagting Vrydagmiddag verlaat.

Dit is gebruiklik vir die voormalige president om sy opvolger se inhuldiging by te woon, maar nie verpligtend nie. The Telegraph berig indien Obama sou kies om dit nie by te woon nie, sal hy die eerste president in 96 jaar wees wat dit misloop.

Indien hy dit bywoon, sal die Obamas agterna vir die laaste keer in Air Force One vlieg. Hul bestemming: Palm Springs.

via GIPHY