Die radioseine stel ewe veel energie as die son vry. Die eerste sein is in 2007 ontdek toe sterrekundiges deur ou data gesif het.

Nog sewe siene is intussen waargeneem. Nou het sterrekundiges vir die eerste keer gesien hoe dit gebeur.

Die sein kan in hierdie stadium van enigiets af kom – moontlik ’n swartgat, ruimtewesens of neutronsterre.

“Hierdie gebeure is een van die grootste raaisels in die heelal,” het die hoof van Carnegie Observatories, John Mulchaey, gesê.

Bron: TimesLive, The Daily Telegraph