Ons lesers deel hulle boodskappe, geheime en hartsake met ons.

Moederskap:

Aan my dogter,

Ek probeer jou trane afvee. Jou hartseer wegvat. Jou vriendin wees. Maar ek kry dit nie altyd reg nie.

Die iets waarna jy soek verstaan ek. Maar ek kan dit nie vir jou koop of kry nie. Jou hartseer is my hartseer. In my hart sal jy altyd ‘n baie spesiale plekkie hê.  Maar dis nou tyd om vrede te kry en die verlede agter jou te sit.

Onthou wat ek vir jou gesê het een van die gelukkigste dae wat ek in my lewe gehad het was toe jy gebore is. Ek kan dit soos gister onthou.

Jy moet vrede kry in jou hart en jou lewe aanvaar soos dit is en werk daaraan om die geluk waarna jy soek in jouself te kry.

Van jou Ma

Onwettige liefde:

Is dit legal as jy so na my kyk met jou donker oë? As jy my so wakker maak in die oggende.

Jy sal weet:

Cecil Vosser.

Jy het Vrydagaand my voete onder my uitgeslaan. Dankie. Ek wens jy't geweet hoe ek oor jou voel! Dalk, net dalk by Dinokeng sal jy weet...

Rouxlene

Huweliksherdenking:

Aan my liefste bunny. (My man)

Dis oor 7dae ons 9de huweliksherdenking. Ek kan nie glo die tyd vlieg so nie. Ek was verlief op jou toe ons ontmoet het en vandag is ek nog meer verlief op jou.

Ons is deur diep water saam. Ons het klein en groot uitdagings aangepak en vandag as ek terugkyk dan was dit nie sulke groot probleme nie.

Jy is my anker , jy is my rots, jy is my staatmaker , jy is my lewe. Ek kan nie my lewe in sien sonder jou nie.

Al my liefde,

Jou vrou,

Zelda Blignaut.

Bure:

Buurman. Dit was ek wat jou kar se wiel vanoggend afgeblaas het. Jy wou mos oor my blomme ry.

Tot die dood ons skei:

My man jy is die beste ding wat 22 jaar terug met my kon gebeur het. Sal jou lief hê tot die dood ons skei. (Engela Smith)

Ware liefde:

Aan Brunhilde Krauss van Ladysmith in KwaZulu-Natal.  Ek dink elke dag, elke minuut, elke sekonde aan jou. Jy is amazing. Ons paaie het geskei maar jy bly by my. Die liefde wat jy gegee het sal ek nie vergeet. My engel jy moet veilig bly waar jy ookal gaan. Van Jacobus Pieterse.

Emmers vol liefde:

Aan my liefste man, Paul. Ek lief jou emmmers vol. Sanett

Slegte broodjies:

Ek haat eintlik die broodjies wat jy in die oggende vir my pak vir werk. Ek gooi dit in die asblik.

Werkende ma:

My liewe seuntjie,

Mamma se hart is soo seer omdat ek jou na ‘n jaar moet los om te begin werk. Jy gaan seker dink mammie is kwaad vir jou!

Mammie wil net vir jou sê ek is so verskriklik lief vir jou en as mammie kon sou ek nooit begin werk het nie. Want al die geld in die wêreld kan nie vir my koop wat ek en jy deel nie!

Mammie gaan jou baie verlang.

Lief jou,

Jou mamma Chane.

Wil jy ook vir die posduif skryf? Stuur jou e-pos aan web@huisgenoot.com. Skryf die woord “Posduif” as onderwerp. Hou jou boodskappie kort en onthou om aan te dui of jy anoniem wil bly. Alle boodskappe kan ongelukkig nie gepubliseer word nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.