ns lesers deel hulle boodskappe, geheime en hartsake met ons.

Kersgeskenk:

My seun, Pierre. Ek hoop jy onthou die Kersfees 10 jaar gelede toe jy die kersliggies wou toets. “Hou net die twee drade vas ma.” Jy skakel die muurprop aan en ek skok myself in ‘n “instant perm” in. Raai wat: Hierdie Kersfees is dit jou beurt! Jou liewe mamma, Gloudina.

Afgeskryf:

Aan my familie wat nie eers my kant van die storie wou aanhoor nie. Ek het julle afgeskryf.  Gelukkig slaap die Here nie.

Ons mis pa:

Liewe pappa. Sedert mamma dood is, is die lewe maar net nie meer dieselfde nie. Al die kinders is nou reeds getroud en het kinders van hulle eie. Maar dit beteken nie dat ek pa nie meer nodig het nie. Ek weet ma het gesê dat pa moet aanbeweeg met pa se lewe en iemand weer soek om pa se lewensmaat te wees. Maar ek is seker sy het nie bedoel dat pa nog kinders moet gaan maak nie. Sedert jy jou eie gesin het, sien ek pa nie meer nie. My kinders ken pa nie meer nie.

Ekke.

Ewige liefde:

My liefste man. Die lewe is nie meer dieselfde sonder jou nie. Vir 45 jaar was jy my alles. My rots en my anker in alles. Nou moet ek die lewe sonder jou aanpak en ek weet nie hoe nie. Sal jou nooit vergeet nie.

Ondersteun my:

Mammie.

Ek weet jy hou nie van die idee nie. Maar ek kan nie help wat ek voel nie! Ondersteun my eerder asseblief.

Chell

Uit Irak:

Shalom uit Baghdad,

Ek werk in Karrada, Baghdad, Irak vir die afgelope ses jaar en het baie van my oudste seun, Morné, se verjaardae misgeloop.

Wel, ek vlieg oor twee dae terug Suid-Afrika toe en hy het geen idee dat ek daar gaan wees vir sy verjaardag op die 1ste Desember nie.

Ons is deur 'n moeilike jaar, maar hy het nogsteeds pragtig presteer op skool en ek is so trots op hom.

Cupcake:

Lood Dwinger,

My Cupcake. Ek kan die Here nie genoeg bedank dat ons paaie na 32 jaar weer laat kruis het nie. Ons was mekaar se “first love” toe ek net 16 en jy net 18 jaar oud was. Twee jaar weermag het ons paaie laat skei. Ek's vir jou so baie lief.

Jou Babes, Linda Dwinger.

Snork:

Jou snorkery in die aande maak mal. Soms gaan slaap ek in die gastekamer. Liefde, jou vrou.

Moeilike tye:

Aan my man Jaco. Ek is baie lief vir jou. Al gaan ons nou deur 'n baie moeilike tyd en is ons albei sonder werk. Jy is die enigste liefde van my lewe, en ek kon nie vir iemand beter gevra het as jy nie. Lief vir jou. Jou vroutjie Girti.

Jeans:

Daardie gunsteling paar jeans wat jy elke dag so dra, lyk absoluut gruwelik aan jou. Ek kry skaam as ek langs jou loop.

Vet:

Jy is besig om baie vet te word. Ek is bekommerd oor jou gesondheid. Wens ek kon eerlik met jou wees.

Wil jy ook vir die posduif skryf? Stuur jou e-pos aan web@huisgenoot.com. Skryf die woord “Posduif” as onderwerp. Hou jou boodskappie kort en onthou om aan te dui of jy anoniem wil bly. Alle boodskappe kan ongelukkig nie gepubliseer word nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.