Ons lesers deel hulle boodskappe, geheime en hartsake met ons.

Die wiel draai:

Aan my skoonma en al die "nuwe" familie wat my en my kinders se lewe wou verwoes. Nou is julle uitgesluit. Die wiel het gedraai en ons is die wat laaste lag.

Die grootste fout:

Aan Jaco du Plessis,

Wil net sê ek het die grootste fout van my lewe gemaak in 2010. Jy sal weet wat dit is. Kan jy my vergewe? Groete vir liefste seuntjie in jou lewe.

Van Ket.

Swanger op 40: 

Nico,

Baie dankie dat jy my so ondersteun met die swangerskap op 40. Dankie dat jy elke aand kos maak, help met die ander kinders en selfs badwater vir my in tap voor slaaptyd. Ek is bitter lief vir jou en waardeer jou baie. LJ xoxo

Dankie:

Aan Mammie en Dad,

Baie dankie vir al julle ondersteuning die afgelope jaar. Ek is voorwaar geseënd. Julle opofferings en liefde word opreg waardeer.

Jul jongste, Poekie.

Mis jou:

Hi my liefling Johan (Snys). Dit is nou twee jaar dat jy weg is na Jesus toe.  Ek mis jou so oneindig en weet dat jy nie wil terug kom nie, want die pyn was te veel. Mis jou my Liefling. Marietjie.

My Vrou: 

Jy is die beste ding wat ooit met my kon gebeur het. Ek weet ek gee jou soms grys hare, maar vir jou is ek meer lief as die lewe self. Dankie my vrou vir alles jy is onvervangbaar.

Sleutel: 

Aan my idioot van ‘n baas. Dit is ek wat jou motor met ‘n sleutel gekrap het. Jy wil mos so lelik met my praat.

Baba:

My liefste man. Wens ek kon vir jou sê dat die baba nie joune is nie. Dit maak my so seer.

Ek’s joune:

Pieter

My hart behoort aan jou. Liefling net aan jou. Jy is die beste ding wat met my gebeur het. My wêreld en my lewe draai om jou.

Jolene

Wil jy ook vir die posduif skryf? Stuur jou e-pos aan web@huisgenoot.com. Skryf die woord “Posduif” as onderwerp. Hou jou boodskappie kort en onthou om aan te dui of jy anoniem wil bly. Alle boodskappe kan ongelukkig nie gepubliseer word nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.