Die aktrise Natalie Portman het geboorte geskenk aan ‘n babaseuntjie, het People Magazine Dinsdag berig.

Dit is nog nie bekend waar Portman geboorte geskenk het nie. Haar woordvoerder wou ook nie verder kommentaar lewer nie.

Portman (30) het in Desember bekend gemaak dat sy swanger is en dat sy van plan is om met haar kêrel, Benjamin Millepied, te trou.

Dié aktrise was verlede jaar in die kollig toe sy die Oscar-toekenning gewen het vir beste aktrise ná haar rol in Black Swan.

Volg Huisgenoot op Twitter.