Wil jy dans, Karlientjie? Kyk net hoe heerlik skoffel die popprinses Karlien van Jaarsveld en haar kêrel, Joe Breytenbach.

This #life ??

A video posted by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on

Die voormalige provinsiale rugbyspeler het die eindproduk op sy Instagram-blad gedeel. Hierin dans Karlien in ’n modieuse wit romp en toppie en Joe (in ’n T-hemp en denimbroek) skeer die gek toe hy passies maak en ’n kitaar nader trek.

Huisgenoot het al aan die begin van die jaar berig oor die romanse wat tussen dié twee blom (Karlien se nuwe liefie?, 25 Februarie) en dit lyk of die aantreklike, lenige man behoorlik in Karlien se hart nesgeskop het.