[caption id="attachment_147745" align="alignnone" width="600"]Foto's verskaf; Jacobus Ludick Foto's verskaf; Jacobus Ludick[/caption]

Kobus (43) het soos met sy laaste verskyning sowat twee weke gelede, weer ’n swart pak en 'n wit hemp met swart detail aangehad. Hy word van moord aangekla.

kobus

Kobus het Poppie Dinsdag 25 Oktober op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits na bewering so erg aangerand dat sy daardie aand by haar aankoms by die plaaslike hospitaal aan haar beserings beswyk het.

Die kleuter het op die hoewe saam met Kobus, haar ma, Louisa Koekemoer, en boetie (5) gewoon.

Christo van der Merwe, Poppie se pa, het ná die borguitspraak aan Huisgenoot gesê hy is baie verlig.

“Ek weet nie wat ek sou gedoen het as daai man uitgekom het nie. Ek sou mal geword het. Ek sou bos gegaan het.”

Jacobus Ludick, een van die Geregtigheid vir Poppie-aktiviste, het aan Huisgenoot vertel dat Kobus se prokureurs hulle na sy borgaansoek van die saak onttrek het.

Hy vertel al die ondersteuners, wat weer in Poppie se gunstelingkleur, pienk geklee was, was tevrede dat Kobus agter tralies gaan bly.

Landdros Moses Mswanganyi het die verrigtinge na volgende jaar 25 Januarie uitgestel.