“My hartseer by die verlies van my Poppie se dood is onbeskryflik. Niemand sal my seer ooit verstaan nie . . .”

[caption id="attachment_146244" align="alignnone" width="600"]Poppie se pa, Christo, tydens vandag se hofverrigtinge. Poppie se pa, Christo van der Merwe, tydens vandag se hofverrigtinge.[/caption]

So het Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, Vrydag gesê buite die Brits-landdroshof, waar haar stiefpa en vermeende moordenaar, Kobus Koekemoer (43), dié keer in ’n formele swart pak, vir sy borgtogaansoek verskyn het.

Die hof het uitstel tot Maandag 28 November toegestaan. Kobus, wat van sy driejarige stiefdogter se moord aangekla word, sal tot dan in aanhouding bly.

[caption id="attachment_146245" align="alignnone" width="600"]Poppie se vermeende moordenaar, Kobus Koekemoer, verskyn in die hof. Poppie se vermeende moordenaar, Kobus Koekemoer, verskyn in die hof.[/caption]

Hy sê die owerhede het in die verlede altyd net na Poppie se ma, Louisa, se kant van die saak geluister.

Hy glo die volle waarheid oor sy kind se dood gaan nog uitkom.

“Ek wil baie dankie sê vir almal, veral die ondersteuningsgroep Justice for Poppie. Ek is hier vir Poppie. Sy is ’n heldin. Sy het haar boetie gered,” het hy benadruk.

[caption id="attachment_146246" align="alignnone" width="600"]Die ondersteuningsgroep Justice for Poppie was ook in die hof. Die ondersteuningsgroep Justice for Poppie was ook in die hof.[/caption]

Kobus het Poppie na bewering op Dinsdag 25 Oktober op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits so erg aangerand dat sy die aand by die plaaslike hospitaal aan haar beserings beswyk het.

Dokters het die polisie ontbied en hy is by die hospitaal in hegtenis geneem. Die kleuter het saam met haar stiefpa, ma en ouer halfboetie op die hoewe gewoon.