Al het Kobus Koekemoer, die vermeende moordenaar en stiefpa van die pragkleuter Poppie van der Merwe, in die selle in Brits sy polse glo probeer afsny, sal hy na verwagting Woensdag saam met sy vrou en Poppie se ma, Louisa, in die plaaslike landdroshof verskyn.

poppieborg
’n Betroubare bron na aan die ondersoek het aan Huisgenoot vertel Kobus het die laaste week in die hospitaal deurgebring.

[caption id="attachment_146245" align="alignnone" width="600"]Poppie se vermeende moordenaar, Kobus Koekemoer, verskyn vroeër in die hof. Poppie se vermeende moordenaar, Kobus Koekemoer, by 'n vorige hofverskyning.[/caption]

Dít kom nadat Huisgenoot in die jongste uitgawe briewe tussen die egpaar in die tronk onthul het waarin Kobus (45) vir Louisa (43) geskryf het: “Ek was elke keer die een wat jou moes keer om jou lewe te neem en jou kalmeer het.” (Briewe van liefde en verlange, Huisgenoot, 26 Januarie 2017).

Hulle is in November 2015 in Orania in die Noord-Kaap getroud, maar het kort voor Poppie se dood na Brits in Noordwes getrek.

[caption id="attachment_151363" align="alignnone" width="600"]'n Vrolike klein dogtertjie. 'n Tragiese einde. 'n Vrolike klein dogtertjie. 'n Tragiese einde.[/caption]

Die egpaar word saam aangekla van die moord op Poppie (3) op 25 Oktober 2016 op ’n gehawende hoewe buite die dorp.

Poppie-moord: ‘Jy gaan vrek,’ skree betoger in hof – kyk video

Sy is na bewering doodgeskop, maar die lykskouing het getoon daar was ook talle ou beserings aan haar lyf.

‘Die wiel draai!’ Poppie se ma toegesnou in hof – kyk video

Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Louisa is later op 15 Desember ook in hegtenis geneem.

Daar sal na verwagting ’n groot opkoms van aktiviste  in pienk buite die hof wees.