Die popdiva (in haar laat 40’s) het haar romanse met Bryan, wat verlede jaar op The Sweet Sweet Fantasy Tour ’n agtertronddanser was, bekendgemaak deur in November alte liefies saam met hom op ’n strand in Hawaii vir foto’s te poseer. Nou het sy hom glo koers laat kies.

A post shared by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Hulle het onlangs Mariah se verjaardag in Mexiko gevier, maar praat glo sedertdien nie met mekaar gepraat nie en is nou uitmekaar. Bronne sê aan tmz.com Bryan was jaloers op Mariah se vriendskaplike verhouding met haar eksman Nick Cannon (36), die pa van haar tweeling, Moroccan en Monroe (amper ses).
Die twee is in 2014 ná ’n huwelik van ses jaar geskei, maar kuier gereeld saam met die kinders. Hull gaan eet uit, woon partytjies by en gaan selfs saam met vakansie. Hul gehegtheid het Bryan glo vies gemaak en hy het wraak geneem deur voor Mariah met ander vroue te flankeer. Die “laaste strooi” was glo die Nickelodeon Kids’ Choice Awards verlede maand. Mariah, Nick en die tweeling het as ’n gesin op die oranje tapyt verskyn. Dit het die 33-jarige Bryan glo “geminag” laat voel.
Op haar beurt het Mariah glo keelvol geraak daarvoor om Bryan se rekenings te betaal en gevoel hy wil net deur hul verhouding beroemd raak.
Die danser het destyds sy romantiese gevoelens op die werklikheidsprogram Mariah’s World op E! bekendgemaak, al was Mariah toe nog aan die Australiese biljoenêr James Packer verloof.

In Oktober het Mariah se verteenwoordiger bevestig Mariah het James laas gesien nadat hulle in September in Griekeland stry gekry het. Mariah het tydens die slotepisode van Mariah’s World aangekondig die verhouding werk nie en haar verloofring afgehaal. Dis in Januarie uitgesaai.

© Cover Media