Die veelsydige Amerikaanse sanger is na wat berig word in sy Paisleypark-woning in Chanhassan in die deelstaat Minnesota in die ouderdom van 57 oorlede.

Die vermaakwebwerf TMZ het eerste oor sy dood berig.

Prince is verlede week gehospitaliseer nadat sy vliegtuig ’n noodlanding moes maak in Moline in die Amerikaanse deelstaat Illinois. Volgens ’n TMZ-bron het Prince glo erge griep onder lede gehad.

Hy het egter die volgende dag nog opgetree en aan sy aanhangers gesê: “Wag ’n paar dae voordat julle enige gebede mors.”

Prince was ’n ikoniese figuur in populêre kultuur en het vir sowat drie dekades as musikant daartoe bygedra. Die musiek wat hy gemaak het talle genres soos rock, R&B, soul, funk, hip-hop, disko, psychedelia, jazz, en pop gekombineer. Hy is veral bekend vir treffers soos Purple Rain, Kiss en I Wanna Be Your Lover. Sy naam was Prince, sy kleur pers. En hy was ’n prins met ’n onvergeetlike stem wat niemand ooit op kan verbeter nie. Na wat berig word, gaan die polisie ook ondersoek instel.

Bronne: TMZ, Billboard.com

Bekendes deel hul skok op sosiale netwerke:

Huldeblyke stroom in op Twitter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Pragfoto’s: Al die mylpale, prag en praal van Koningin Elizabeth se nege dekades op aarde

Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders