Jeffreysbaai –

Die man se liggaam is ook op die toneel gevind.

Volgens die polisiewoordvoerder, ao. Gerda Swart, het die twee glo in die vroeë oggendure by die 36-jarige vrou se huis in Strelitziastraat gestry.

Gerda sê die polisie is ontbied nadat skote gehoor is. “Met hul aankoms het die polisie albei slagoffers met skietwonde gevind en albei is op die toneel dood verklaar.”

Sy sê die polisie in Jeffreysbaai ondersoek ’n saak van moord.

Die oorledenes se name sal bekend gemaak word nadat hul familie ingelig is.

“Ons is nog geskok en baie hartseer oor die verlies van een van ons lede onder hierdie tragiese omstandighede. Ons diepste meegevoel gaan aan die families, vriende en kollegas,” het Neil Jantjies, groepbevelvoerder van Humansdorp-polisiekantoor, gesê.

“Ons harte gaan uit na hul geliefdes en ons sal hulle in ons gebede onthou.”

Bron: News24