Regter Chetty het vroeër vandag beslis dat luitenant-kolonel Willie Mayi moet getuig. Hy was die persoon wat Luthando Siyoni, die beweerde middelman, op 27 April 2015 in hegtenis geneem het. Lees ook: Afsonderlike moordklag staar verdagte in Panayiotou-moord in die gesig Adv. Terry Price het Willie as die "toepasser" beskryf - die een wat mense opdons.

Willie was glo aanvanklik nie betrokke by die saak nie, maar het wel 'n wenk ontvang oor Jayde se moord. Tydens 'n ontmoeting met sy bron, is hy ingelig oor Luthando.
Willie het wel Babalwa Breakfast, Luthande se meisie, ondervra. Op sy vraag of sy die polisie behulpsaam sou wees met die ondersoek na Jayde se moord, het sy hulle alles vertel waarvan sy bewus was.

Hy het daarop 'n afskrif van Babalwa se eerste verklaring aan Luthando gewys. Luthando het die handtekening as dié van Babalwa herken.

Sedertien is Babalwa op 27 Oktober 2016 tot 'n vyandige getuie verklaar. Haar teenstrydige getuienis oor beweerde voorbereidings vir ’n huurmoord op Jayde Panayiotou kon net beteken dat sy jok, het die Oos-Kaapse hooggeregshof op daardie dag in Port Elizabeth gehoor. Lees ook: Drama toe huilende getuie tydens Panayiotou-hofsaak in hegtenis geneem word Willie het ook aangedui dat Luthando van al sy regte ingelig is voordat hy ondervra is rondom die moord. "Hy het gesê hy het 'n rol gespeel in die moord op Jayde."

Luthando is daarna in hegtenis geneem. Dit was glo tydens die aansit van die boeie dat hy fisies weerstand gebied het. In die worsteling is sy linkeroog deur die boeie gekrap. Willie sê hy het nie die krapmerk opgeteken nie want hy het dit nie as ernstig beskou nie.
Tydens die soektog na die R30 000 wat na bewering aan Sizwe oorhandig sou word, het Willie en konstabel Koen dit in drie hopies van R10 000 elk in swart sokkies gevind. Terry vra Willie uit oor moontlike aanrandings van beskuldigdes. Hy sê dat drie regters bevind het dat hy oor aanranding sou jok. Terry sê voorts dat hy sal wys dat 'n regter bevind het dat hy by die aanranding van 'n beskuldigde betrokke was.
Op 20 Julie vanjaar moes Willie 'n verklaring aflê rondom die beweerde aanranding.
Willie ontken dat Luthando se broek ooit geskeur of afgetrek was.
Terry gaan voort deur te sê dat Willie nie op sy bron se inligting staatgemaak het om Luthando in hegtenis te neem nie, maar dat hy dit bloot op sterkte van Babalwa se verklaring gedoen het.
Terry noem ook dat Willie se vermiste dagboek van 2015 nooit as sulks aangemeld was nie. Willie se reaksie is dat dit nie nodig was nie. Dit stel Terry nie tevrede nie en hy versoek dat Willie na Kwazekhele moet terugkeer en sy dagboek gaan soek. Hy vra ook of Willie enigsins vir Babalwa gewaarsku het dat sy haarself dalk mag impliseer en of hy regsverteenwoordiging voorgestel het. Volgens Willie was daar nie tyd om dit te doen nie. Terry lees Babalwa se verklaring voor. Daarin impliseer sy haarself as 'n medepligtige in die sin dat sy geweet het Luthando is deur Christopher genader om sy vrou dood te maak.

Die saak sal Dinsdag voortgaan.