Die tweejarige hond het deur toe gehardloop toe ’n beampte klop om die eienaar, Gillian Palacios, in te lig dat sy haar motordeur oopgelos het, het WPLG berig.

Gillian moes kort daarna in afgryse toekyk hoe die polisieman dadelik sy vuurwapen uitpluk en die hond drie keer in die kop skiet.

Die skokkende voorval is op ’n veiligheidskamera vasgelê. Daarin kan gesien word hoe Gillian haar hond probeer terughou, maar dat sy nie genoeg tyd gegun is om tussenbeide te tree nie. In van die beelde kan gesien word hoe Gillian en haar dogter op die grond neerval en onbeheers begin huil. Sy sê die beampte het vir haar gesê die hond het op hom afgestorm. Hy is daar weg nadat hy gesê het Animal Services sal die bebloede liggaam kom haal. “Sy was nuuskierig. Sy’t nie geblaf en gegrom nie. Daar was geen rede vir hom om te dink sy was enigsins aggressief nie. Daar is ’n miljoen ander goed wat hy kon doen eerder as om haar drie keer in die kop te skiet,” het Gillian gesê. Duchess is by ’n plaaslike diereskuiling aangeneem en was glo ’n liefdevolle en gehoorsame hond. Die polisie in Florida het bevestig dat een van sy beamptes Dinsdag ’n hond doodgeskiet het en gesê hulle “win al die feite daaroor in”. Die beampte is op administratiewe verlof gesit terwyl die voorval ondersoek word. Die gesin oorweeg regsaksie.

Bronne:NBC 6, Daily Mail, Palm Beach Post