Jose Marquez het by sy meisie in Aurora gekuier toe twee hy deur twee gewapende manne, waarvan een ’n masker gedra het, genader is. Hulle het summier skote op hom afgevuur en het hom in die bors en maag gewond voor hulle weggehardloop het. Voor die gewonde Jose sy bewussyn verloor het, kon hy daarin slaag om een van die twee verdagtes te wond. Maar dit was nie daardie skoot wat opspraak gewek het nie. Dit was een van die ander skote wat hy tydens die wilde skietery afgevuur het, wat op een of ander manier in die loop van die boef se .40-pistool beland het.

Die patroon uit Jose se vuurwapen het teen die koeël binne-in die verdagte se pistool kontak gemaak en dit tydelik buite aksie gestel. Dit word deur die polisie as die ‘een uit ’n biljoen’-skoot genoem.

Die voorval het in Januarie plaasgevind, maar Jose se beserings was so erg dat hy nog nie vir diens kon rapporteer nie.

Bronne: nydaily.com, thedenverchannel.com, kvue.com