Die arme woef, genaamd Peach, moes poot op papier sit toe aanklaers hom skriftelik versoek het om ‘n verklaring aan hulle te stuur oor sy weergawe van gebeure.

Die versoek was geadresseer aan PC Peach. Peach se hanteerder het glo dadelik teruggeskryf en dit duidelik gemaak dat daar slegs ‘n PD Peach (Police Dog Peach) is en dat ‘n hond nie ‘n skriftelike verklaring kan aflê nie.

Maar selfs dit het nie gewerk nie en versoeke om Peach se verklaring het steeds ingekom. Dié polisiehond se hanteerder het toe maar kreatief geraak en toe namens Peach geskryf; “Ek’t hom gejaag. Ek’t hom gebyt. Slegte man. Hy proe lekker. Ek’s ‘n goeie seun. Goeie seun Peach”.

Die verklaring is so ewe met ‘n poot-afdruk van Peach afgesluit.

Die verklaring doen sedertdien die ronde en het selfs op ‘n Facebookblad met polisiegrappe beland.

-Bang Showbizz