'n Papegaai in Nieu-Seeland het ‘n arme toeris platsak gelaat toe hy sowat R9700 (£700) uit sy karavaan gesteel het.

Peter Leach van Glasgow, Skotland, was met vakansie in Nieu-seeland en het die asemrowende natuurskoon van St. Arthur’s-pas aan die weskus van die land se Suid-eilande ingeneem toe die voorval plaasgevind het.

‘n Kanadese paartjie het glo gesien hoe die papegaai Leach se beursie uit sy karavaan steel en het dadelik alarm gemaak.

Dit was egter te laat en die voël het sommer blitsig op die vlug geslaan.

“Ek het die voorval by die polisie aangemeld maar hulle het uitgebars van die lag. Die voël het al my geld gevat. Ek’t net R270 (£20) oor wat in my broeksak was,”het Leach gesê.

-Bang Showbizz