Die voorval het tydens die openingsure van die plaas gebeur. Dit dien ook as ’n dieretuin waar besoekers die dodelike reptiele van ’n loopgang af kan voer.

Die vrou het Vrydag van ’n rusplek op die loopgang gespring en in die middel van ’n poel beland – wat honderde volwasse krokodille bevat, het Preecha Iam-nui van die Samut Prakan-polisie aan AFP vertel.

“Haar suster het gesê die slagoffer het gely aan stres en depressie,” het Preecha bygevoeg.

Die plaas is ’n uur se ry buite Bangkok.

Veiligheidsreëls by Thaise toeriste-aantreklikhede, onder meer tier- en krokodilplase, is dikwels laks.

Die heinings by die plaas in Samut Prakan is skaars hoër as 1 m sodat besoekers – kinders inkluis – die reptiele kan voer.

Afrigters voer ook toertjies met die diere uit, soos om bo-op hulle te lê of hul arms in die krokodille se oop kake te hou.