Op die video stap 'n ongeïdentifiseerde vrou, in ’n poncho en met ’n jagpet op die kop, by Boots, 'n kettingapteek in Brittanje, in. Sy loop tot by 'n vrou wat langs haar baba se stootwaentjie staan. Toe die ma vir 'n oomblik wegdraai, buk die vrou oor die stootwaentjie en sê: “daardie baba sou verkies het om dood te wees“.

Die ma van die babaseuntjie gryp toe die aanvaller se hand en stoot haar weg. Dan sien jy hoe die vrou deur 'n veiligheidswag uit die apteek verwyder word.

“Die winkelbestuurder het opgemerk: “Die veiligheidswag het daarna kom vra wat aangaan en die vrou sê toe iets soos ‘daardie baba verdien nie om te lewe nie'. Toe smyt die veiligheidswag haar uit. Sy wou nie oogkontak maak nie."

Die baba is nie beseer nie.

Die polisie skryf die baba se welstand aan die moeder se vinnige reaksie toe. Sy het aan die polisie gesê dat sy gedink het die vrou “wou net kyk en 'n ophef van haar baba maak“.

Die werkers onthou hoe verskrik die ma was.

“'n Ander vrou, wat in die nabyheid was, het tussenbeide getree om te help om (die aanvaller) weg te jaag. Die ma was eers heeltemal kalm, maar toe bars sy in trane uit omdat dit so verkriklik was. Sy was erg ontsteld daaroor. Toe daag die polisie op."

Die polisie hoop dat die vrygestelde video hulle sal help om die skuldige op te spoor.

Bronne: mirror.co.uk, independent.co.uk