Jeremy McDole (28) se dood word ondersoek nadat hy Woensdag deur verskeie polisebeamptes in die stad Wilmington geskiet is – hulle het glo gereageer op ’n 911-oproep dat hy homself geskiet het.

Die selfoonbeeld, wat deur ’n omstander verfilm is, wys hoe ’n beampte Jeremy nader waar hy op straat sit en op hom skree om sy hande in die lug te hou en ’n vuurwapen te laat val.

Daarna hoor jy ’n geweerskoot en iemand agter die kamera sê Jeremy is raakgeskiet en bloei. Verskeie beamptes sluit dan by hulle aan en gee opdragte terwyl Jeremy in sy rolstoel sukkel en sy hande te beweeg.

In daardie stadium lyk dit of Jeremy iets voor in sy jeans probeer raak vat kort voor verskeie beamptes op hom skiet. Geen vuurwapen, behalwe dié van die beamptes, is in die beeldmateriaal sigbaar nie.

Die polisie het Donderdag gesê hulle het op ’n .38-kaliber-vuurwapen beslag gelê wat volgens hulle langs hom was.

Hy het in ’n verpleegtehuis daar naby gewoon en het ’n rolstoel gebruik sedert hy op 18 geskiet en verlam gelaat is.

Bronne: CNN, The Guardian, Sky News