Daar is die afgelope naweek beslaggelê op dagga met ’n geskatte straatwaarde van R25 000 by ’n ongeregistreerde kleuterskool in Muizenberg, Kaapstad, het die polisie Maandagaand gesê.

Die polisie het Saterdag ’n klopjag op die huis in Seawinds-straat uitgevoer nadat hulle ’n wenk van inwoners ontvang het, het kapt. FC van Wyk gesê.

Die dagga is onder ingeboude kaste in die kombuis gevind en die vonds het ingesluit 36 pakkies dagga, 22 klein pakkies en 22 “stokkies”.

Die 56-jarige kleuterskooleienaar is in hegtenis geneem.

“Die ligging van hierdie onwettige stowwe by ’n kleuterskool is kommerwekkend en hierdie inligting sal aan die departement van maatskaplike ontwikkeling gestuur word,” het FC gesê.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof